Pro-Ed bak vir ‘n groot makietie

Wiaan Louw
Ons tuisdorp, Swakopmund, het die 14de September sy 125ste verjaarsdag gevier. Ons het ons trots en liefde gewys deur saam dié glansgeleentheid te geniet.
Die skool se ATKV-bestuur het ‘n heerlike koekkompetisie geloods, waarin elke klas ‘n koek moes bak - sonder professionele hulp natuurlik. Beoordelaars is uitgenooi om die unieke koeke te beoordeel. Rowan Burger en Minnet Turner, die huidige Mnr en Mej Pro-Ed, het gesorg dat alles glad verloop, natuurlik met die hulp van ATKV- voorsitter Lara Bartholomae. Na afloop van die beoordeling kon elke klas se leerlinge die koek wat hul gebak en versier het, verslind – kom ons sien dit as die beloning vir hul harde werk!
Pryswenners: Die klasse wat die pryse gewen het, was:
  • Øgraad 10(A)’s in die eerste plek met die prys geborg deur Spur,
  • Ødie graad 8(A)’s in die tweede plek , wie se prys deur Ice en Spice geborg is en
  • Ødie graad 9(E)’s in die derde plek, wie se prys deur Beryls geborg is.
Elke klas is ook versoek om 10 kolwyntjies te bak en in te gee. Dié is oorhandig aan Mev. Van Zyl. wat namens die Welwitchia Ouetehuis die kolwyntjies ontvang het.
“Die Swakopmund / Pro-Ed Verjaardagkoekpoging was ‘n GROOT sukses,” het Lara gesê, en ek is seker daarvan dat die res van die skool saam met haar sal stem.