Redakteursbrief

Mariselle Stofberg
Inge Becker en Kati Ries von Bergen

Ons is uiters opgewonde oor die jaar wat voorlê se Waprant. Ons voorspel net die beste en hoop om ’n groot sukses van die koerant te maak. Hierdie jaar het ons ’n gedigte span van 12 lede met twee redaktrises ingesluit.

Ons visie vir 2020 is om nie net die skool uit te beeld nie, maar ook om inligting deur te gee oor en aan die WAP leerders. Ons wil ook meer mense betrek by die koerant. Toe die Waprant ses jaar gelede op die been gebring is, was daar ’n skrale vyf lede op die redaksiespan, nou het dit al gegroei tot by ’n dosyn. Intussen het ons insig gekry oor nie net joernalisme nie, maar ook oor fotografie en grafiese ontwerp.

Ons wil ook dan van hierdie geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan Republikein en MyZone vir al hulle moeite, insette, leiding en bemoediging wanneer ’n paar aspirante, tog onervare, joernaliste hulleself in ’n onbekende veld probeer uitdruk.

Waprant gee al sy lede ’n kans om hom-of haarself in hul eie unieke manier uit te druk en om sodoende ander leerlinge te inspireer en te motiveer om ook in die toekoms ’n lid van die span te word.

Vriendelike WAP-groete,

Die 2020 redaktrises, Inge Becker en Kati Ries von Bergen.