Selfvertroue – die sleutel tot sukses

Gabby Tjiroze
Faith Garises



Selfvertroue. Party mense word daarmee gebore, ander moet daarvoor werk, en ander weet nie hoe om dit te kry nie.

Dit is iets wat 'n mens het of nie, maar tog kan dit met verloop van tyd bereik word.

Die vraag wat baie vra, is: “Wat kan ek doen om selfvertroue te kry?”

Ek het geleer selfvertroue is moeilik om te bereik, maar met vriende en tyd is dit wel moontlik.

Die definisie van selfvertroue is “die geloof in jouself en jou kragte of vermoëns”.

Nie almal is perfek nie, of dit nou 'n toespraak voor die klas behels of om aan 'n groot kompetisie deel te

neem.

Helen Keller, die Amerikaanse skrywer en aktivis, het gesê: “Optimisme is die geloof wat na prestasie lei. Niks kan sonder hoop en vertroue gedoen word nie.”

Hierdie aanhaling is absoluut waar, want sonder selfvertroue sal jy nie veel bereik of vordering maak nie.

Party mense het soveel selfvertroue dat hulle nie bang is om enigiets te doen nie. Ander is die teenoorgestelde, en is bang om deur ander geoordeel of gespot te word.

Selfvertroue kan nie aangeleer word nie, maar word deur mense gekweek wanneer hulle besluit om in hulself te glo. Om selfvertroue te bereik, moet 'n mens glo dat hy of sy 'n sekere taak kan uitvoer.

Dit kan nie oornag bereik word nie, maar word met verloop van tyd sterker. Een van die belangrikste maniere om selfvertroue te ontwikkel, is om voor te kom asof jy selfversekerd is – selfs wanneer jy nie is nie.

Nog 'n manier om selfvertroue te ontwikkel, is om met ander te praat wat vir jou omgee en jou op jou goeie eienskappe wys.

Selfvertroue is 'n eienskap waarmee almal in 'n stadium sukkel, maar kan bereik word deur geloof in jou eie vermoëns te hê en deur met ander te praat wat ondersteunend is.

Mark Twain het gesê: “Die ergste eensaamheid is om nie met jouself gemaklik te wees nie.”

Om gemaklik in jou eie vel te wees, is die sleutel tot prestasie en plesier in die lewe.