Afrika se grootste vlieënde voël
Die gompou is die grootste vlieënde voël in Afrika, met mannetjies wat tussen 7 kg en 18 kg kan weeg. Gompoue is omnivore en eet plante en diere, met volwasse voëls wat insekte, akkedisse asook slange eet. Kleiner voëltjies eet meestal insekte. ’n Volwassse mannetjie se vlerkspan is sowat 2,3 m tot 2,75 m. As hy bedreig word, maak hy indrukwekkende blafgeluide om potensiële aanvallers af te skrik en hulle kan selfs knorgeluide maak om hul kuikens te beskerm. Hulle voer ’n dansritueel uit om wyfies te lok. As ’n spesifieke mannetjie besonders goed dans, sal ander mannetjies nie naby hom dans nie – inteendeel, hulle sal elders hul paardans gaan uitvoer.– Bron: Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha)
FOTO PEXELS.COM
Comments
My Zone
No comments have been left on this article