Beste voete voorgesit in twee interhoërs

Skolesport
Skolesport is op die voorgrond met opwindende kragmetings.
Andrew Poolman
Die twee rugbyskole wat verlede jaar in die eindstryd van die Standard Bank o.19 premierliga met 34-34 gelykop gespeel het, skop 2024 af met hul jaarlikse interhoër in die hoofstad.

Die NTV-produksiespanne sal terselfdertyd die kus se “derby” tussen Walvisbaai Privaatskool (gasheer) en Pro-Ed Akademie, asook die groot spansporte van die hoofstad se interhoër uitsaai. Hou ‘n oog op https://oneuptwo.com/live vir ons regstreekse uitsendings.

Windhoek Gimnasium is die gasheer vir die skouspel waar vandeesweek in elke denkbare sportkode en kultuuritem teen Windhoek Hoërskool meegeding word.

Op papier het die Gimnasium Leeus nog ‘n ervare kern oor van verlede jaar se eindstryders, met die agtsteman Ruan Agenbag as kaptein.

WHS het veral agterlangs seuns wat reeds laas jaar in die premierliga met hul flair die toeskouers opgewonde gemaak het, insluitend William Beukes, Soobramoney Sammy en die kaptein Alejandro Morkel.

WHS sal egter sonder hul vaskopstut Joshua Bester wees, wat saam met Namibië se o.20’s in Zimbabwe op toer is. Bester is een van drie skoolseuns in die nasionale junior span, met Gianluca Savoldelli (WAP) en Arenzo Izaacs (M&K Gertze) die ander twee.

• In een van vele aksiebelaaide kragmetings sover het WHS die T20-krieketwedstryd tussen die oudskoliere by die United-veld met 100 lopies gewen.

Tiaan Louw (WHS) was die uitblinker met vyf paaltjies (3.1 bb) wat hom net nege lopies gekos het. Nicolaas Scholtz (2/28) en Gerhard Erasmus (1/9) het ook paaltjies geneem om Gimnasium tot 177 vir agt te beperk (Michau du Preez 56 van 21 balle; JW Visagie 41 nie uit nie van 32 balle; Simon Celliers 47 van 28 balle).

Dit was nadat die WHS-kolwers baljaar het, met Malan Kruger (80* van 27 balle, 4x4 9x6) onoorwonne uitgetree het. Sy aanvangsmaat Gerhard Erasmus het dieselfde gedoen (50* van 21 b, 7x4 3x6), met genoeg balle oor vir JJ Smit se selfs meer skouspelagtige vyftigtal (57 van 15 balle, 2x4 8x6).

Sommige van die eerstespanne wat gister ontvang is:



RUGBY, Windhoek Gimnasium Leeus 1:

15 Janré van Zyl, 14 Pieter-Stephann Stassen, 13 Hanré Cocklin, 12 Janco Bredenhann, 11 Carlo Hawanga, 10 Waldré Kotze (o.kapt), 9 Jan Daniël de Villiers, 8 Ruan Agenbag (kaptein), 7 Roché Brand, 6 Zack von Wielligh, 5 Zander le Roux, 4 Vincent Scholtz, 3 Daniël du Toit, 2 Jayvin du Plessis, 1 Rudolph Harmse.

16 Janco van Tonder, 17 Gideon van Rensburg, 18 Jayden Ochs, 19 Waldo de Klerk, 20 Hafeni Mungungu, 21 Noah-Luke Dihawa, 22 JD Jankowitz, 23 Ethen Haingura. Afrigters: Mauritz Thirion en Jaco Engels.

RUGBY, WHS Koedoebulle 1:

15 Alejandro Morkel (kaptein), 14 Ethan Sinden, 13 Soobramoney Sammy, 12 Eljoh Strauss, 11 Sergio Steenkamp, 10 William Beukes, 9 Dominique Isaacs, 8 Pieter Jan Strydom, 7 Keathen Klazen, 6 Jedijiha Bekker, 5 Keanan Louw, 4 Ishia Kazondowa, 3 Tauno Hamukoto, 2 Merryck Powell, 1 Chelton Binga.

Reserwes: 16 Marchell Klein, 17 Kieren Andrew, 18 Cashton Louw, 19 Eathan Jefta, 20 Xavier Louw, 21 George Kisting, 22 Joshua Moller, 23 Ignatius Kandowa. Afrigters: Jan Dames en Devano Alcock.

MEISIESHOKKIE, Gimnasium 1:

Anri Jacobs, Mbiri Kaakunga, Camilla Kauruhumba, Aniki Rall, Mienke Collard, Annica Higgs (kaptein), Kyla Landsberg (o.kapt), Jessica Gresse, Nicola Fourie, Danica Retief, Onique Bezuidenhout, Maryke Kruger, Cara Kruger, Jenna van Rooyen, Christine van Rooyen, Anelle Schutz, Vauaa Tjingaete (doelwagter), Amy Garrels. Afrigter: Kagiso Mosiane.

MEISIESHOKKIE, WHS 1:

Yasmine Milho (doelwagter), Lianie van Zyl, Leane Junius, Kayla Swart, Milah Malan (kaptein), Daniella van Coller, Helindi Westraadt, Clerise van Dyk, Christina Hugo, Mignon van Coller, Ema Fourie, Leanne Steyn, Marthelyn Bezuidenhout, Jodie Bester, Aymair van der Merwe, Jordan Hatton-Jones. Afrigter: Petri Hamilton.

SEUNSHOKKIE, Windhoek Gimnasium 1:

Paulo Jansen (doelwagter), Aidan Feely, Leo van der Merwe (kaptein), Malan van Wyk, Charl Hanstein, Michael Müller, Carlo Hechter, Wiaan van der Merwe, Mario Pedro, Enzo Martins, Migael Horn, Janco Jacobs, Jörn Erdmannsky, Matt-Reece Izaaks, Ryan Schoeman, Kian Bekker. Afrigter Siyabonga Martins.

SEUNSHOKKIE, WHS 1:

Rylan Bombosch (doelwagter), Josh Hatton-Jones, Schalk Visser, Pieter van Wyk, Rachimo Simwanza, Uasenina Kahuure, Stanfo Kruger, Markus Botes, Johan Junius (kaptein), Mark Wallace, Stefan La Grange, Pieter Page, Alex du Plessis, Adriaan Els, Hafeni Mufeti, Corne Koen. Afrigter: Johann Weyhe.