Chili se vreugde plaas Samoa in Namibië se WB-pad

Rugby
Chili het op dramatiese wyse vir die 2027 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Australië gekwalifiseer ná \'n oorwinning met 31-12 teen Samoa in Viña del Mar afgelope Saterdag.

Die Suid-Amerikaners word hiermee die 23ste van die 24 spanne wat hul deelname aan die toernooi bevestig.

Nadat die eerste wedstryd teen Samoa in Salt Lake City, Utah, in \'n gelykopuitslag met 32-32 geëindig het, dring Los Cóndores deur met \'n saamgestelde telling van 63-44.

Vyf spanne is dus gewaarborg om die Amerikas by die RWC 2027 te verteenwoordig, naamlik Argentinië, Uruguay, die VSA, Kanada, en nou Chili. Dit sal die meeste rugbylande nóg van dié streek by \'n enkele Wêreldbeker wees, met moontlik \'n sesde span wat by hulle aansluit, afhangende van die lot van Brasilië of Paraguay, wat beide steeds in die wedloop is.

Samoa was teenwoordig by elke Wêreldbeker sedert hul toernooidebuut in 1991 – boonop met twee verskynings in die kwarteindronde – en hul hoop om daardie lopie voort te sit, is nog nie verby nie.

As verloorders van die Suid-Amerika / Pasifiese uitspeelwedstryd, sal Samoa nou by België, Namibië, en óf Brasilië óf Paraguay aansluit in die Finale Kwalifiseringstoernooi, wat van 8 tot 18 November 2025 in Dubai se Sevens-stadion gespeel sal word.

Die wenner van die Finale Kwalifiseringstoernooi sal die 24ste en laaste kaartjie na Australië 2027 ontvang.



Videla se skopskoen

Gerugsteun deur \'n luidrugtige skare van 20 000 in ‘n stampvol Estadio Sausalito, het Chili die teleurstelling afgeskud dat hulle in Utah \'n voorsprong van 19 punte weggesmyt het en het die oorwinning beklink wat hulle in \'n tweede opeenvolgende Wêreldbeker sal laat speel.

Weereens het Chili se losskakel en nasionale punterekordhouer Santiago Videla \'n hoofrol gespeel en 16 punte aangeteken, ná die 12 wat hy \'n week tevore teen Samoa aangeteken het.

Samoa – geteister deur beserings, skorsings en onbeskikbaarheid – het gesukkel om hulself in die eerste helfte te laat geld, en twee foute op die verdediging foute het gelei tot drieë vir Chili, wat gevolg het op twee strafdoele deur Videla en \'n vroeëre mislukte doelskop deur Samoa se losskakel Martini Talapusi.

Samoa se afrigter Tusi Pisi het \'n onervare beginspan het ‘n totaal van net 93 toetse agter hul naam in die veld gestoot, met drie debutante in die agttal en nog drie op die reserwebank.

Christian Leali’ifano, gewese Wallabies-losskakel van Samoa, was dié keer onbeskikbaar, terwyl hul kaptein Michael Alaalato’a na verpligtinge by sy Franse spogklub Clermont moes terugkeer.

– Bygewerk van rugbyworldcup.com