Wikus druk 16 drieë in nege wedstryde

Nog ‘n kompeterende seisoen vir Wikus Jacobs se FNB Grootfontein-span het tot ‘n einde gekom met hul uitskakeling deur FNB Kudus in die semifinaal. Jacobs was een van die premierliga se voorste driedrukkers vir die seisoen, met ‘n totaal van 16 drieë in nege wedstryde. ‘n Sopnat nederlaag teen FNB Western Suburbs in Khomasdal was die enigste waarin hy nie ‘n drie gedruk het nie. Sy 16 drieë is gedruk teen Trustco United (een), FNB Reho Falcon (vier), FNB Wanderers (een), FNB Unam (een), Kudus (drie), FNB Dolphin (drie), FNB Rehoboth (een) en in Saterdag se semifinaal twee drieë teen Kudus. Die kragtige lynstaandryfwerk van die noordespan se agttal was ook ‘n groot faktor in Jacobs se prominensie op die driedrukkerslys. Foto Floris van Schouwenburg