Vox Pop

Die My Zone-span het die Namibiese Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste bygewoon wat by Windhoek Gymnasium plaasgevind het. Die span het die deelnemers gevra hoekom kuns en die deelname daaraan belangrik is.
Simone Warden

Simone het in die modelwerk-kategorie deelgeneem en haar voorbereiding het omtrent twee maande geneem. “Ek geniet die mense wat aan kuns deelneem. Dit is een van my gunstelingdinge om te doen, om op ’n verhoog te wees en daar is mense.”

Chrislee Durand

Chrislee het in die modelwerk-afdeling deelgeneem. Sy sê sy geniet sy alle aspekte van wat sy doen. “Ek geniet dit om te poseer vir die kamera. As jy jouself kan geniet, geniet jy die hele situasie.”

Anri Brynard

Anri het in die kategorieë modelwerk, toneelspel en dans deelgeneem. Haar liefde vir die kunste is al gebore toe sy drie jaar oud was. “Dit is belangrik om die kunste net te geniet, as iemand dit geniet en ’n passie daarvoor het, wys dit op die verhoog.”

Reese Oosthuysen

Reese het in die ope kategorie, kontemporêre dans en drama deelgeneem, waarvan drama haar gunstelingkategorie was. Sy het al op die ouderdom van nege aan drama begin deelneem. “Dit is belangrik om vanaf ’n jong ouderdom aan die kunste deel te neem, want dit help met jou ontwikkeling en mensekennis.”

Hayden Kitt

Hayden is ’n trom- en kitaarspeler. Hy het al op die ouderdom van vier begin leer om die tromme te speel. Hy wil graag op universiteit musiek studeer. “As jy sleg of goed voel, word alles beter wanneer jy ’n instrument bespeel.”

Anya Kitt

Anya is ’n 11-jarige wat dit geniet om op die verhoog te dans met haar ma se aanmoediging. Haar dansloopbaan het op die ouderdom van drie begin. “Dit is belangrik om jouself uit te druk in die kunste want dit help jou om ’n kreatiewe persoonlikheid te kweek.”