? Windmakerige Woestynfees

Nelrie Zwemstra
Op 27 Maart tot 1 April het Walvis Bay Privaatskool (WBPS) hul 11de jaarlikse woestynfees aangebied. Die fees was aangebied opWBPS se nuut aangeboude terrein.



Ons sportpersoneel, Mnr. Henry Kemp, Mnr. Juanne-Louise en Mej. Salome Swart, het vir maande hard gewerk om die fees ‘n sukses te maak.



Die klein hawe dorpie, in die hart van die kus, is besoek deur ‘n skare uit Suid-Afrika en Zimbabwe wat hul kragte kom opmeet het teen van die beste skole uit Namibi?.



Die woestynfees se opening het plaasgevind in WBPS se Tom Swemmer saal. By die geleentheid het die Naartjies hul kreet vir die besoekskole voorgestel. Falcon College (van Zimbabwe), Zwartkop en Trinity House (albei van Suid-Afrika) het ook met hul krete kom spog. Die prefekte van 2023 het aan elke speler ‘n sleutelhouer gegee ter herinnering van die Woestynfees.



Die kos by hierdie fees was soos altyd ‘n wenner! Van pannekoeke tot vis en chips kon almal aan die snoepie se kos smul. Een van die WBPS ouers spog ook oor hoe die skool se koffie jou “warm hou in die oggend en wakker in die aand!”



Die fees was beslis ‘n sukses. Nelrie Zwemstra, ‘n matriekleerder van WBPS, voeg by: “Dit is werklik ‘n eer om deel van die Naartjie familie te wees en ek kan nie wag om te sien wat volgende jaar se woestynfees vir die Naartjies inhou nie.”



WBPS sê dankie aan Indongo Toyota wat dié fees se hoofborg was. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie!