Sappies skitter op die sportvelde

Delia de Villiers
WBPS se laerskool eerste spanne bekend as die sappies het gedurende 2023 die sportgronde oranje met oorwinning geverf.

Die sappies netbalspan het die Superliga gewen in die Capricorn Group Schools Netball League in Windhoek teen Wap op die 26ste Augustus. Hulle het Wap met 6 punte gewen op die telbord 19-13. Die skare was nie die enigste mense wat hulle tande nerf af gekou het nie, Meneer Philip van Niekerk het ? wetenskap met die dogters gemaak dat hy sy hare pienk sal kleur as hulle wen. Die sappies het trots die beker gelig en hul wiskunde onnie se hare pienk gekleur. Die sappies seuns krieket span het gekolf en gebowl laat die sweet spat en het ? silwer medalje in hul liga verower op die 4de November in Gobabis.