WBPS kultuurdiere skitter by Nictus Napso Kuns en Kultuur fees

Delia de Villiers
Walvisbaai Privaatskool het Tsumeb se bloedige hitte getrotseer gedurende die19de tot 23ste Augustus om hulle talente met almal te deel, by die Nictus Napso Kuns en Kultuurfees. Charmaine Nagel WBPS het die volgende te sê gehad, "Ons is so bederf met al ons Naartjie- talent. Ons het gehuil vir ware talent, gebak in in al die mooi oomblikke en die saamwees en omgee was iets wat saam ons sal bly vir lank." Die Naartjie musikante het beslis mense ? rede gegee om te staan en klap. Ashton Hawes het twee diamant sertifikate verower vir sy sang en

Belinda Tashiya het twee goue sertifikate verower vir haar sang.



Johan van Wyk se klavier optrede van "Golden Hour" het ? diamant sertifikaat verower. Marlee Mans en Logan Blaauw het ook diamant sertifikate ontvang vir hul klavier optredes. Arina Maritz ontvang twee goue

sertifikate vir haar instrumentale optredes. Die Naartjie produksie "Die Repitiesie", het ? silwer sertifikaat ontvang. Die toneelstuk was omskryf deur ? oud skoolier Meneer Caleb Adams en die regie was gedoen deur Mevrou Marlene Venter en Delia de Villiers. Die akteurs in die toneelspel was: Magdel Pienaar, Jeandre Bruwer, Juane Brand, Jana Duvehage, Marlee Mans, Sergio Steenkamp, Liouse McCarthy, Cheyanne Turner en Stefan Goosen.



Minki Rudolph en Christo Smit het hul kreatiewe kante gewys met hul kunswerke en het altwee diamant sertifkaat ontvang vir die afdeling, "When I dream, I dream in Colour" Britney Botha ontvang twee goue sertifikate vir dans en Elizhi Alberts ontvang twee brons sertifikate. Luna Humu, Joeke Janse Van Vuuren, Lianke Jansen Van Vuuren, en Zanielle Maasz ontvang ? brons sertifikaat vir hul groep dans. Cheyanne Turner en Juae Brand ontvang silwer vir hul duet. Danica Greeff en Lee-Ann Fourie ontvang ook brons vir hul duet.

Lee-ann Fourie sê, "Dit was een van die beste gelenthede wat enige iemand sou kon geniet het."



Die kultuurspan het die skare vermaak met verskeie gedigte en monoloë. Elizhia Alberts, Christiaan Klazen, Juane Brand en Jana Duvehage het goud vir hul monoloë ontvang. Joeke Janse van Vuuren ontvang goud vir haar engelse voordrag, Jeandre diamant, Jana diamant, Stefan goud, Arina Maritz diamant, Lianke Janse van Vuuren brons en Christiaan Klazen diamant. Liouse McCarthy en Miane de Klerk ontvang brons en Lianke Janse van Vuuren ontvang vir Afrikaanse Voorslag en Arina Maritz diamant. Louise ontvang diamante sowel as silwer vir haar klavier optrede.



WBPS is ook baie gelukkig om vyf Naartjies in die Napso kultuurspan te hê, Jeandre Bruwer, Minki Rudolph, Christo Smit, Johan van Wyk en Ashton Hawes. Elizhia Alberts en Britney Botha was ook vir die span gekies, maar kon nie gaan die weens die eksterne eksamen. Die NNKK word volgende jaar deur WBPS aangebied en gaan beslis ? week wees om te onthou.