Qara wys talent in die Wes-Kaap
Qara Volschenk se twee indrukwekkende oorwinnings in die sub-junior meisiesresiese (onder-14) was ‘n hoogtepunt van die Namibiese bergfietsryers se mededinging by die SA Bekerreeks se eerste byeenkoms by Spice Route Bike Park in Paarl in die Wes-Kaap.
Altesame 30 Namibiese ryers het die reis aangepak om Saterdag in die kortbaan- (XCC) en Sondag in die veldresiese (XCO) deel te neem.
In die kortbaanresies se vier baanrondtes het Volschenk die tweede geplaaste Skyler Blom (Wes-Kaap) met omtrent 90 sekondes.
Sondag was Volschenk selfs meer indrukwekkend. Die o.14-meisies het twee minute ná die o.16’s weggespring, maar die jong Windhoeker het al die o.16’s ingehaal en verbygesteek behalwe die twee voorste voltooiers Lara van der Vyver (wenner) en Maya de Vries. Volschenk se baanrondtes was ook vinniger as enige van die o.16-meisies.
Afrigter Hans du Toit sê die hele kompetisie was puik blootstelling vir veral die jong ryers wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gaan meeding het.
Tweede plekke vir Micah Chase (o.16), John-Pierre Lambert (o.14) en Linn Lambert (o.12) was verdere hoogtepunte.
Roger Surén (18) – vir die eerste keer in die kleure van sy professionele Europese span Alpecin Premier Tech – was sesde in ‘n hoogs kompeterende elite mansveldresies wat deur die Olimpiese bronswenner Alan Hatherly gewen is.
Du Toit sê laasgenoemde vertoning was eintlik net ‘n lusmaker omdat Surén so vroeg in die seisoen nog feitlik geen voorbereiding vir veldresiesbergfietsry gedoen het nie.
VOLLEDIGE Namibiese uitslae:
Kortbaan-resiese (Saterdag)
Elite vroue: Delsia Janse van Vuuren vierde.
Elite mans: Roger Surén derde, ná Michael Foster (wenner) en Johan van Zyl.
Junior meisies (o.18): Rosemarie Thiel sesde.
Junior mans (o.18; 43 inskrywings): Christiaan van der Westhuizen vyfde, Marco Thiel sewende, Sean Lowe agtste, Henry Chamberlain 21ste, Mike Baartman 22ste, Jacques Nell 40ste, Dawie Greeff 41ste.
Meisies o.16: Nicole Surén agtste, Joadri de Beer 11de.
Seuns o.16 (36 inskrywings): Micah Chase tweede, York Ahrens 11de, Francois van Zyl 22ste, Max Heigan 24ste, Karl-Nikolai Lisse 30ste.
Meisies o.14: Qara Volschenk eerste, Mienke de Beer agtste.
Seuns o.14: John-Pierre Lambert vierde, Sion Liebenberg vyfde, Patrick von Kunow 10de, Hendrik Baartman 11de, Arthur Allain DNF.
Veldresiese (Sondag)
Elite/o.23 vroue: Delsia Janse van Vuuren sewende, ná Candice Lill (wenner).
Elite mans: Roger Surén sesde, ná die Olimpiese bronswenner Alan Hatherly (wenner) en Michael Foster (tweede).
Junior meisies (o.18): Rosemarie Thiel vyfde.
Junior mans (o.18): Marco Thiel vyfde,Christiaan van der Westhuizen sesde, Sean Lowe 13de, Mike Baartman 21ste, Theodor Janse van Vuuren 22ste, Dawie Greeff 40ste, Jacques Nell 44ste, Franco Thiel 45ste, Henry Chamberlain DNF.
Meisies o.16: Nicole Surén negende, Joadri de Beer 12de.
Seuns o.16: Micah Chase derde, York Ahrens 15de, Francois van Zyl 29ste, Max Heigan 22ste, Karl-Nikolai Lisse 38ste.
Meisies o.14: Qara Volschenk eerste, Mienke de Beer agtste.
Seuns o.14: John-Pierre Lambert tweede, Hendrik Baartman negende, Patrick von Kunow 10de, Arthur Allain 11de, Sion Liebenberg DNF.
Meisies o.12: Linn Lambert tweede.
Seuns o.12s: Ted Rust 15de, Lance Hinze DNF.
Seuns o.10: Logan Hinze sewende.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article