Vier talentvolle Namibiërs gaan die wêreld skok by die Talent America-kompetisie!
Dié kompetisie vind in New York plaas waar alle opvoerende kunsaktiwiteite van sing en dans tot musiek en towertoertjies opgevoer gaan word voor 'n groot gehoor en beoordelaars.
Vier dapper deelenemers uit Namibië sal van 22 Junie tot 4 Julie 2024 die Namibiese vlag in New York vertoon wanneer hulle teen ander deelnemers van regoor die wêreld by die Talent America-kompetisie meeding. Hierdie prestigeryke kunskompetisie bestaan al vir meer as 50 jaar en vertoon talent van alle ouderdomme. Team Namibië sal weer deel wees van die 51ste seisoen van Talent America.Dennis de Greeff, Lilibeth Bazuin, Vanessa Venter en Salukazi Akwaake sal in New York wees om Namibië by die Talent America-kompetisie te verteenwoordig nadat hulle gekwalifiseer het deur verskeie goue medaljes by Talent Namibië in 2023 te wen.
In ’n onderhoud met Akwaake, die wenner van Voice of Namibia 2024, het haar opwinding oor die kompetisie gedeel. "Ek is die opgewonde om al die verskillende mense te sien en hopelik n paar nuwe vriende te maak," sê Akwaake.
Die mededirekteur van Talent Namibië, Luzaan Blaauw, sê sy is opgewonde vir die span wat vanjaar gaan meeding, aangesien hulle hard die moeite ingesit het om hulself ordentlik voor te berei. "Die span het regtig hard gewerk die afgelope twee weke en ek kan nie wag om die resultate van Talent America te sien nie," sê Blaauw.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article