Ruanda de Beer stof almal uit op Omeya-baan
Omeya Gholfklub het Saterdag sy gewilde Lidmaatskapkompetisie aangebied.
Altesame 72 spelers het ingeskryf met die hoop om gesogte pryse soos lidmaatskap van die klub vir ‘n jaar, afslag of gratis rondtes te wen.
Die wenners:
Algehele wenner: Ruanda de Beer (41 punte).
A-afdeling mans: 1 Craig Bassingwaighte (37 punte), 2 Jorg von Kunow (37), 3 Chris Harwin (35).
B-afdeling mans: 1 JL van den Berg (39), 2 Willie van Zyl (36), 3 Stephan Gevers (36).
Juniors: 1 Declan Renton (31), 2 JP le Grange (30).
Vroue-afdeling: 1 Dina Holtzhausen (37), 2 Anecia le Grange (33).
Seniors: 1 Jannie Hunter (37), 2 Herman Mouton (35).
Pryse vir houe wat die naaste aan die pen geëindig het, is deur Anecia le Grange (putjie 4), Paul Verburg (putjie 7), Pieter de Beer (putjie 14) en Jorg von Kunow (putjie 17) ingepalm.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article