Van tuisskool na veldskool

’n Broer en suster skep sosiale geleenthede vir leerlinge wat tuisonderrig ontvang.
Om bykomende sosiale geleenthede te skep vir leerlinge wat tuisonderrig ontvang, het die sibbe Anja en Erick Kramber 'n atletiek en sosialeklub, Eran, in 2020 gestig,
Die klub se uitsluitlike doel is om leerlinge wat tuisonderrig ontvang dieselfde geleenthede te gee om sosiaal te kan verkeer.

Die klub se doelwit is om meer geleenthede vir tuisonderrigleerlinge te skep om sosiaal te verkeer en om sokkies en vele meer vir leerlinge wat deel is van die klub te reël.

Hulle het vroeër vanjaar ’n atletiekbyeenkoms gereël en in Maart ’n veldskool waar leerlinge gaan kamp het om meer oor mekaar en die natuur te leer.

Volgens Anja het 12 kinders die veldskool by die Rooisand Lodge naby die Khomas Hochland-berge bygewoon.

Hulle het aan potjiekoskompetisies deelgeneem en Boesmantekeninge in die oggende en middae gaan besigtig sowel as sterrekyk in die aande. Hulle het ook pret gehad om meer oor geologie te leer.

“Ons het vriende gemaak, saam gekuier, nuwe dinge geleer en net ’n lekker tyd in die bos gehad,” het Anja gesê.

Die leerlinge se ouers het ’n blaaskans geniet en vir die leerlinge was dit ’n kans om uit hul daaglikse roetine te ontsnap.

Eran het tans geen borge nie en hulle hoop om in die toekoms meer leerlinge te bereik wat tuisonderrig ontvang.

Vir meer inligting kan Anja Kramber by 081 700 0119 gekontak word.