1969

KEETMANS WEN DIE BEKER

Die Hoërskool Keetmanshoop het Maandamiddig in die Suidwes-stadion die Klopper-beker gewen toe hy die Hoërskool Outjo in die eindronde met 6-3 geklop het. Die ondernemingsgees en skoon rugby van die skoolseuns het in ’n groot mate vergoed vir die soort rugby wat in die hoofwedstryd gesien is.

Die wedstryd het bale gelyk verloop. Outjo het die feit dat hy nie meer punte aangeteken het nie groot mate aan homself te danke. Sy gevaarlike agterlyn het self 'n gedeelte van sy slaankrag verminder deurdat die meeste spelers geneig was om die bal slordig met een hand aan te gee.

Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon toeskouers in die stadion weer sien hoe 'n agtsteman, I. van Niekerk van Keetmanshoop, daarin slaag om 'n losskakel vas te vat.

Keetmanshoop het eerste punte aangeteken met ’n drie deur Peters mooi breekslag deur Blaauw. In die tweede helfte het Outjo met 'n drie deur Liebenberg gelyk gemaak. Daarna het Keetmanshoop met 'n drie deur Knouwds die wedstryd in sy guns beklink.