1971

WINDHOEK HOËRSKOOL BEHOU DIE KLOPPER-SKILD

WINDH0EK HOËRSKOOL se rugbyspan het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende jaar die Klopper-skild verower deur die besoekende span van die Hoërskool Outjo met 0-0 te klop. Die tuisspan het rustyd met 3-0 voorgeloop.

Die wedstryd het vir heelwat hoogtepunte gesorg en dit was werklik ’n plesier om ons skoolseuns in aksie te sien. Die tuisspan het vir die grootste gedeelte van die wedstryd die gebiedsvoordeel geniet en kon meer punte behaal het as dit nie was vir sekere spelers wat te veel op hul eie probeer het nie.

Outjo se swaarder voorspelers was die baas in die lynstane en hier kan die naam van Nico Tromp uitgesonder word wat werklik ’n reuse taak verrig het.

Die besoekers se agterlyn kon nie heeltemal opweeg teen die tuisspan nie en dit moet die rede wees waarom losskakel Jonker eerder verkies het om te skop as om sy agterlyn te laat hardloop. Die kêrel kan ’n bal skop maar sy hanteerwerk het hom soms in die steek gelaat.

Op heelagter het C Botha van die besoekers ’n puik vertoning gelewer en dit geld ook vir D. Eysele (skrumskakel). P. du Plessis, Nico Tromp (slot) en kantman Marais.

Sover dit die tuisspan betref, was H Botha (vleuel), A.S. Swanepoel (losskakel), R. Ferreira (skrumskakel), B. Harmse (haker) en H. Dresselhaus (flank) onder die uitblinkers.

Dit is egter jammer dat vleuel Botha so min kanse gekry het om te hardloop.

Windhoek Hoërskool het in die twaalfde minuut voorgeloop nadat senter Smuts met sy tweede probeerslag na die pale geslaag het. Net voor rustyd het die tuisspan byna weer punte behaal na hy lank op die aanval was, maar van Aswegen (agsteman) het die bal op die doellyn verloor. In die elfde minuut van die tweede helfte het Windhoek Hoërskool verder voorgeloop na ’n onvervyfde drie deur vleuel Botha.

Die Outjo-span was pragtig aangemoedig deur ʼn klein groepie ondersteuners in die paviljoen. Mens wonder waar W.H.S. se ondersteuners gedurende die wedstryd was?