1974

Walvis wen beker

DlE rugbyspan van die Hoërskool Walvisbaai het Saterdag vir die eerste keer die Klopperbeker gewen toe hy die Hoërskool Outjo, Suidwes se kleinste hoërskool, met 13-4 in die eindwedstryd geklop het. DIT was 'n baie harde wedstryd en hoewel die rugby nie skouspelagtig was nie, was dit die volle sestig minute lank besonder spannend. Albei skole is luidkeels aangemoedig deur honderde geesdriftige ondersteuners wat vanaf die twee dorpe na Windhoek gekom het.

Die uitslae van die ander vier eindwedstryde was soos volg:

Onder 14: Keetmanshoop klop Grootfontein met 23-4.

Onder 15: H.T.S. klop Outjo met 11-6.

Onder 16: Jan Möhr klop Grootfontein 38-8.

Tweede liga: Jan Möhr A klop Otjiwarongo B met 31-0.

Verslae oor al die wedstryde sal môre in DIE SUIDWESTER verskyn.