1977

WHS VERRAS HTS

DIE Hoërskool Windhoek het Saterdag in die Suidwes-stadion byna die “onmoontlike” reggekry toe hy die Hoër Tegniese skool met 3-0 geklop het om die Klopperbeker te wen.

Die harde en taai wedstryd het nogtans sy aanskoulike hoogtepunte gehad. . Dit was veral die wenspan se voorspelers wat beïndruk het vir die wyse waarop hulle hul man gestaan het teen die meer gevreesde agttal van HTS. WHS se agterlyn het gevaarliker as dié van HTS gelyk, hoewel hy minder kanse gekry het om te hardloop. Voorryman I. Buys het die enigste punte in die veertiende minuut van die eerste helfte met 'n strafdoel behaal. Albei spanne het volop skopkanse pale toe gehad - HTS ses keer en WHS vyf keer - en Buys was al speler wat welslae kon behaal.

Nadat die eerste helfte baie gelykop verloop het, het HTS na rustyd geweldige druk uitgeoefen. Maar WHS se verdediging was puik. In die laaste tien minute was dit WHS wat op HTS se doellyn geboer het.

• Die onder 15-span van die Hoërskool Keetmanshoop het die mooispeelbeker gewen toe hy Walvisbaai met 16-7 geklop het. Dit was die derde agtereenvolgende jaar dat span van Keetmanshoop die beker gewen het. Die besonderhede oor die ander eindwedstryde was kortliks:

• Onder 13: Jan Möhr 14, WHS 4. Rustydtelling - 6-0. Agtsteman F. Pretorius (2) en senter W. Moolman het drieë vir die wenspan gedruk. Losskakel J. Smith het een vervyf. Flank S. Berg het WHS se drie gedruk.

• Onder 14: Academia 10, Otjiwarongo 4. Rustyd - 4-4. Otjiwarongo het in die eerste helfte net een keer uit sy halfgebied gekom en 'n drie gedruk. Na rustyd het hy beter gevaar, maar in die hele wedstryd moes hy kwaai verdedig. Agtsteman D. Kotze en flank B. Louw het Academia se drieë gedruk. Kotze het Louw se drie in beseringstyd vervyf. Agtsteman W. Burger het Otjiwarongo se drie

gedruk.

• Onder 15: Keetmanshoop 16, Walvisbaai 7. Rustyd - 12-4. Verreweg die aanskoulikste wedstryd van die dag met veral Keetmans se senters wat beïndruk het. Senter A. Blaauw het twee drieë gedruk en senter D. du Toit een drie en twee doelskoppe. Vir Walvis-baai het flank C. Erasmus 'n drie gedruk en heelagter W. Visagie 'n strafdoel behaal.

• Onder 16: WHS 25, Etosha van Tsumeb 3. Rustyd - 11-3. WHS het teen die einde beheer oorgeneem in 'n wedstryd waar die humeure soms hoog geloop het. Drieë is gedruk deur senter W. van Wyk, skrumskakel F Mouton. stut H. Brunette, haker N. Holtzhausen en agtsteman L. Botes. Heelagter H. Schoeman het 'n doelskop en vervyfskop behaal. Vir Tsumeb het agtsteman F. Louwrens 'n strafdoel behaal.

• Tweede spanne: Walvisbaai 1 - 10, Wennie du Plessis 11 - 0. Rustyd - 7-0. As dit Gobabis se tweede span is, moet sy eerste span besonder goed wees. Dit was 'n aanskoulike wedstryd met albei spanne wat lekker ingeklim het. Skrumskakel J. Kok het 'n drie vir Walvis gedruk. Heelagter B. Hayes het twee strafdoele behaal. • HTS het vanjaar die Hennie Gous-beker gewen. Dit sal later oorhandig word.