1978

Foto’s Len Ward

Klopperbeker gaan Keetmans toe!

DIT was Saterdag die Suide se dag! PK de Villiers van Keetmanshoop het die derde keer daarin geslaag om die Klopperbeker te verower toe hy die Hoërskool Etosha van Tsumeb met 20-0 in die eindstryd geklop het. Vroeër het PK de Villiers se tweedes ook die eindstryd in die tweede-liga gewen toe hy VVHS met 18-6 geklop het.

In die tweede wedstryd Saterdag op die Suidwes-stadion het die enigste ander span van Suide, die onder 14-span van Mariental, vir 'n groot verrassing gesorg toe hy Etosha met 4-3 in 'n harde wedstryd geklop het.

Om alles te kroon, het PK de Villiers se netbalspanne ook skoonskip gemaak. Hulle het sewe van die nege wedstryde gewen. Jan Möhr het die ander twee gewen. PK de Villiers is nou slegs die tweede span wat die Klopperbeker drie keer kon wen. WHS is die ander skool wat dit al kon regkry. HTS het twee keer gewen Walvisbaai een keer en Otjiwarongo ook een keer. Keetmanshoop was die eerste houer van die beker toe hy dit tien jaar gelede gewen het. d Die onder 13-span van Academia, wat Otiiwarongo met 14-10 geklop het, het Saterdag die Mooispeelbeker gewen.

JAMES TURNER en Marius Stoffberg, kaptein en onder-kaptein van die Hoërskool PK de Villiers, hou die Klopperbeker wat hulle pas verower het. PK het Etosha met 20-0 geklop. Die ander spelers in diespan is: De Wet Oberholzer; André Viljoen, Johan de Klerk, Christo Burger, Reinhard Blaauw; Dries Meyer, Deon Scheun, Schalk Greeff, Ben van Staden, Alpheus Kruger, Pieter Labuschagne, Dirk Louw; Johan Thuinsma. Die afrigter is mnr. Justus Muller.