1982

Klopper weer by WHS

ACADEMIA-drome dat hy die Klopper-beker kan wen na sy blink vertoning in die halfeindstryd teen P.K. de Villiers van Keetmanshoop het Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion vroeg-vroeg aan skerwe gelê toe WHS gou 'n handige voorsprong opgebou het, wat hom uiteindelik maklik baas van die gesogte beker gemaak het. WHS was vroeg met 6-0 voor en was rustyd met 9-3 in beheer.

Die wedstryd is ietwat belemmer deur 'n reeks strafskoppe waarvan sommige ongelukkig ruwe spel gekom het. En dit was veral Academia wat hulle in die rof en tommel laat lei het met WHS wat die geleentheid gebruik het om punte op te jaag. Academia se voorspelers het begin soos wat na Keetmanshoop van hulle verwag is. Hulle het die eerste rits lynstane gewen, maar toe het veral Noble Clarke van WHS met skoon lynstaanbalbesit oorgeneem. In die skrums het albei spanne hul deel van die bal gekry met Desmond Botes van WHS wat in die eerste helfte een uiters belangrike vaskop gehaak het. Strafskoppe word dikwels as bysaak in rugby bestempel, maar die een waarmee Arno van Wyk op losskakel in die eerste helfte vir WHS geslaag het, was kenmerkend van sy span se hele spel. Dit was hard en suiwer deur die pale sonder tierlantyntjies. Van Wyk was die WHS-held met twee drieë en twee strafdoele. Diep in die tweede helfte het Academia se voorspelers weer oorgeneem en het sy agterlyn ook 'n keer of wat mooi beweeg, maar in die stadium het die telbord reeds teen hom gespreek. 'n Geheelindruk? Die 22-3 waarmee WHS gewen het, vertel miskien nie die volle verhaal nie, want so . want so eensydig was dit nie.

Die spel

'n Gulde geleentheid was vir Academia in die eerste sekondes verlore toe WHS van die afskop gestraf is en Smittie Smith die bal uit ’n nie te moeilike posisie links verby getrek het. 'n Strafskop het vir WHS verligting gebring maar toe Smith in die daarop-volgende beweging in die agterlyn gespring het, moes WHS keer.

Toe Smith na ses minute op Koen skop, het die plaasvervanger-heelagter begin hardloop en Ben Human op 'n blitstog agter 'n rollende bal weggestuur, maar met 'n doellyn wat op WHS gewag het. het skeidsregter Faan Oosthuizen hulle teruggeroep en Academia gestraf. In die agtste minuut het Arno van Wyk op losskakel gebreek en uitgeswenk na buite waar hy Chris Badenhorst op volle vaart aangetref het. Badenhorst het teruggespeel na Van Wyk en hy het by die pale gaan druk. Koen se doelskop was oor (Academia 0 - WHS 6) Maar feitlik onmiddellik was Smith se tweede poging pale toe hoog deur met 'n strafskop en WHS voor met 6-3. Toe Andrew Kotze, Academia-slot, hierna vir Uys Schickerling, WHS-kantman 'n bietjie hardhandig behandel het, is Academia gestraf en het Arno van Wyk die keer die strafdoel behaal (WHS 9- Academia 3). Na 'n kwartier het dit na ooroptimisme gelyk toe Smith van sy eie tienmeter-lyn aangelê het pale toe en die keer kort was.

In die negentiende minuut was daar benoude oomblikke vir WHS toe ’n rollende bal net voor die grypende Academia-hande doodgedruk is. Toe is Smith weer in die hoek deur net om teruggeroep te word vir ’n aanslaan. Albei spanne het nou kort lynstane begin vorm en dan die bal diep ingegooi. Chris Badenhorst was weer ʼn slag links-om gevaarlik en toe het van Wyk met ’n strafskop pale toe gemik ná ’n Academia-skrumoortreding, maar dit was mis.

In die 25ste minuut het Smith die veld met ʼn beenbesering verlaat. WHS het munt probeer slaan deur onmiddellik hoog op die leë heelagtervesting te skop. Smith was egter binne minute terug en Academia op die aanval.

Hier ná ’n halfuur het Academia se voorspelers ’n reeks losskrums oorheers en met ’n bombardement op die WHS-doellyn gekom. Rustyd het met Academia sterk op die aanval aangebreek maar met WHS voor met 9-3 en die wete dat ʼn ligte windjie hulle in die tweede helfte gaan help.

Drie minute na rustyd is Academia op die middellyn vir ruwe spel gestraf. Van Wyk se doelskop grens toe het van sy voet geseil en WHS was op die aanval met ’n lynstaan teenaan die Academia-doellyn. WHS het die lynstaan gewen en kantman Uys Schickerling het voor om gemaal en aan druk. Van Wyk se doelskop uit die hoek was mis (WHS13-AScademia 3).

Nog ʼn stukkie ruwe spel het Van Wyk weer laat aanlê, maar weer was dit mis.

Die vierde strafskop vir ruwe spel ná rustyd is weer aan WHS toegeken en die keer was Van Wyk in die kol. (WHS 16 - Academia 3)

Toe is Badenhorst duime van die Academia-lyn gestuit nadat hy ’n skoppie deur die agterlyn opgevolg en ver genael het.

’n Vaskop het na 18 minute tot Arno van Wyk se tweede drie aanleiding gegee toe hy sommer teen die vaste los deurgewurm het Die keer het Chris Badenhorst pale toe geskop en dit was oor. (WHS 22 - Academia 3).

Na twintig minute was ’n skepskoppoging deur Smith mis, maar Academia se voorspelers het treë gewen toe hulle na die linkerhoek gedryf het. ’n Strafskop het vir WHS verligting gebring.

In die laaste tien minute het Academia weer sterk in die prentjie gekom met Smith wat een keer pragtig gebreek het. ’n Geleentheid om te gaan druk was as gevolg van swak hanteerwerk verlore.

Hierdie slottonele van die wedstryd het aan Academia behoort, maar die wedstryd was doer in die eerste helfte vir hulle verlore.

More Entries

1969

KEETMANS WEN DIE BEKERDie Hoërskool Keetmanshoop het Maandamiddig in die Suidwes-stadion die Klopper-beker gewen toe hy die Hoërskool Outjo in die eindronde met 6-3 geklop het. Die ondernemingsgees...

1970

WHS wen eindstryd om Klopperbeker Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Windhoek het Saterdag in die hoofwedstryd in die Suidwes-stadion in Windhoek, die gesogte Klopperbeker gewen toe hulle...

1971

WINDHOEK HOËRSKOOL BEHOU DIE KLOPPER-SKILD WINDH0EK HOËRSKOOL se rugbyspan het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende jaar die Klopper-skild verower deur die besoekende span van die Hoërskool Outjo met...

1972

BEKER VANJAAR NA KEETMANS DIE Klopper-beker staan vanjaar op Keetmanshoop. Dit is die eerste keer dat die Hoërskool Keetmanshoop die gesogte trofee kon verower. Die besoekers van Suide het...

1973

KLOPPER-BEKER VANJAAR NA OTJIWARONGO (DEUR TOESKOUER) TOESKOUERS in die Suidwes-stadion het Saterdag tot op die laaste gebly tydens die harde, taai en spannende stryd tussen die spanne van Otjiwarongo en...

1974

Walvis wen bekerDlE rugbyspan van die Hoërskool Walvisbaai het Saterdag vir die eerste keer die Klopperbeker gewen toe hy die Hoërskool Outjo, Suidwes se kleinste hoërskool, met...

1975

HTS wen pragstryd en Klopperbeker Deur Cor Leijenaar VOORSPELERSPEL is nie alles in rugby nie. Dit is Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion oor en weer deur die Hoër Tegniese Skool...

1976

HTS VEG HARD OM BEKER TE BEHOU Deur Cor Leiejenaar DIE Hoër Tegniese Skool het Saterdag die Klopper-beker vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen toe hy die Hoërskool Etosha met...

1977

WHS VERRAS HTS DIE Hoërskool Windhoek het Saterdag in die Suidwes-stadion byna die “onmoontlike” reggekry toe hy die Hoër Tegniese skool met 3-0 geklop het om die...

1978

Foto’s Len Ward Klopperbeker gaan Keetmans toe! DIT was Saterdag die Suide se dag! PK de Villiers van Keetmanshoop het die derde keer daarin geslaag om die Klopperbeker te...

1979

WHS wen die Klopper-beker! QUINTON BOTES, haker en kaptein van WHS se eerste rugbyspan, staan hier met die Klopper-beker nadat sy span HTS in die eindstryd met 23-3...

1980

Voorspelers van HTS word verras Deur WIMPIE RUST DIE gesogte Klopperbeker gaan vir die eerste keer in sy bestaan vir 'n jaar lank op Gobabis pryk! Die...

1981

Jan Möhr doen dit toe sowaar! Klop Academia in taai stryd 10-4 Deur WIMPIE RUST JAN MÖHR het Saterdag op die Suidwes-Stadion daarin geslaag om in sy 20ste bestaansjaar...

1982

Klopper weer by WHS ACADEMIA-drome dat hy die Klopper-beker kan wen na sy blink vertoning in die halfeindstryd teen P.K. de Villiers van Keetmanshoop het Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion...

1983

Daar's koek in die hoek! Deur Des Erasmus DIT was so byna soos in die dae van die "diggings". Die vinnigste man in die bondel het elke keer die...

1984

HTS looi Möhre IN een van die beste eindstryde om die Danlou-Klopperbeker die afgelope paar jaar, het die Hoër Tegniese Skool (HTS) Saterdag dié gesogte beker vir die derde...