1984

HTS looi Möhre

IN een van die beste eindstryde om die Danlou-Klopperbeker die afgelope paar jaar, het die Hoër

Tegniese Skool (HTS) Saterdag dié gesogte beker vir die derde keer verower toe hy Jan Möhr met 26-11 geklop het.


Die taai kragmeting tussen die Jan Möhr en HTS was nie net een van die beste eindstryde om dié beker nie, maar die eindtelling van 1 in HTS se guns is ook die hoogste eindtelling wat nog ooit in 'n eindwedstryd behaal is. Albei spanne het uitstekende spel gelewer en mekaar goed opgedreun in die tweede helfte. Nadat Jan Möhr in die eerste helfte die leiding geneem het met twee pragdrieë en 'n strafdoel, het HTS in die tweede helfte met kenmerkende hardloop-rugby en goeie skopwerk bewys waarom hy vanjaar vir die sewende keer in die eindstryd was en dit ook reeds twee keer tevore verower het.

Albei spanne het, behalwe die beker wat vanjaar beslis by HTS tuishoort, ook spesiale dasse ontvang met die beker se naam daarop gedruk. Mnr. Daantjie Louw van Danlou-motors het vanjaar die beker geborg — die eerste keer in die geskiedenis — en ook die dasse aan die spanlede oorhandig. WHS se o-16 span het ook Saterdag geskiedenis gemaak deur vir die vierde agtereenvolgende jaar die Suidwes-eindstryd te wen, asook die gesogte Mooispeelbeker. Dié spannetjie, wat die afgelope vier jaar deur mnr. Thys Spangenberg afgerig word, het in 1981 vir die eerste keer die o-13 eindstryd gewen en sedertdien het hulle nog elke jaar dié prestasie herhaal. Dit is ook die eerste keer dat dieselfde span vier agtereenvolgende jare die Mooispeelbeker wen. Saterdag se eindtelling van 33-3 teenoor die Hoërskool Academia bewys ook dat hul prestasie geen gelukskoot was nie.