1985

Rugby uit boonste rakke

Van Des Erasmus in die Suidwes-stadion

HARTSEER te midde van sulke skitterende rugby was Saterdagmiddag van die teenstrydige bestanddele in ’n sportfees waarin die eerste rugbyspan van WHS vanjaar die Klopper-beker gewen het. Hoewel Jan Möhr tot die bitter einde geweier het, moes hy uiteindelik die knie met 7-6 buig.

Nieteenstaande die luierige telbord was dit een van eindstryde om die Klopper-beker in jare. Wat voorspelerspel

betref, was 'n skitterende Jan Möhr-agttal die wenner, maar wat ondernemingsgees betref was WHS bo - soos wat geesdriftige knape voor die aanvang van die stryd op ’n plakkaat verkondig het.

Die deemoedigheid was te danke aan die feite dat daar ’n verloorder moes wees, dat skolerugby se blus vir die seisoen uit is en dat dit menige seun se afskeid aan sy gunstelingskolesport was.

In die sweterige maande wat voorlê sal skolerugby egter onthou word danksy een skitterende beweging deur WHS - ’n beweging wat nie eers op punte uitgeloop het nie.

Die was reeds ná rustyd en Jan Möhr het feitlik ’n spreekwoordelike tentjie doer in die oorkantste hoek van WHS se kwartgebied opgeslaan. Van die Möhre is letterlik van WHS se doellyn weggedra en almal was dit eens dat nog moes kom in ʼn stadium toe Jan Möhr reeds lank met 6-3 voor was.

Toe bemeester WHS op sy hoekvlag. Eers was dit brute krag waarmee Jakkals Pretorius die WHS-wa aan die gang gekry het. Toe lê die agterlyn soos ’n snaar langs hom met die WHS-doellyn steeds sommer hier op hul hakskene.

Die eerste werklike gat is deur Heinrich Lubbe op senter geslaan. In die stadium het die blitsige Gerhard Barnard reeds van die oorkantste vleuel langs hom kom intrek.

Verskeie aangeë is verwissel, maar toe was dit Gerhard Barnard wat voor die hoofpawiljoen afgeblits en in die proses na binne geswaai het. Toe is dit uit na losskakel Nico Horn, wat hom op sy beurt in 'n vleuelposisie kon inwurm het. En daar trek hy hoekvlag toe.

Toe weer die vlieënde Möhr wat hom kom plat-trek en by die grens uitdwing. Dit was van die oorkantste hoek tot in die duskantste.

Die Franse het nog laas kom wys dat dit gedoen kan word. Toe Saterdag weer

Dan was daar ook die beweging wat die beker aan WHS besorg het. WHS het die bal net binne die halfgebied van Jan Möhr bemeester en die agterlyn was gereed vir aksie. Die gat is hier in die middel rond geslaan, maar steeds was die dekverdedigers van Jan Möhr besig om oor die veld te storm.

Toe is dit uit senters toe en uiteindelik is dit weer Lubbe wat teenaan die grens praat met die oop veld voor hom. Die finale aangee was na Lubbe en die Klopper-beker, want sy vlieënde duikslag in die hoekie het die wedstryd met 7-6 vir WHS beklink.