1987

Klopper bly by WHS

WHS het Saterdag sy baasskap in Suidwes se skolerugby onteenseglik herbewys met sy skitterende oorwinning van 19-6 oor Mariental in die Klopperbeker-eindstryd. Mariental, wat vanjaar vir die eerste keer nog in sy geskiedenis die Hennie Gous-skild gewen het, was ’n waardige teenstaander, maar moes desnieteenstaande vroeg in die wedstryd reeds die knie bui voor die kampioenspan se sterk aanvallende spel. Met dié oorwinning het WHS ’n tweede mylpaal bereik in skolerugby: Hy was die afgelope aantal jare feitlik ononderbroke die Klopperbeker-kampioen en ná Saterdag ook die eerste wenner van kompetisie sedert dit onder die SWA Rugby-unie val en dus oop is vir alle skole.