1992

Grootfontein skitter,


DIE o.19A-rugbyspan van die Hoërskool Grootfontein het gister in die Nasionale Rugbystadion met vonkelende speI vir Mariental in die eindstryd met 49 - 12 geklop. Dit was een van die beste skolewedstryde nog in die stadion. Die twee spanne was rustyd-met 7 - 7 gelykop, maar die tweede helfte is deur Grootfontein oorheers. Sy kaptein en losskakel, Emile Erasmus, het met ʼn skitterende vertoning gewys van watter kaliber hy werklik is. Van hierdie losskakel word groot dinge voorspel en Namibië sal alles in sy vermoë moet doen om hom vir die land se rugby te behou. Sy veertien spanmaats, veral die lostrio en die senters, was ook uitstekend. Hulde het met korrekte rugby en as `ʼn goed afgerigte span verdien om vanjaar die eerste houer van die Raadskild te word. Grootfontein se drieë is deur Louw van Zyl (2), Alwyn Harmse, Wemer Ludwig, Frikkie Oosthuizen, Izak Grobbelaar en Kwas van Zyl gedruk. Erasmus het met ses doelskoppe geslaag, terwyl Ludwig een keer die kol getref het. Vir Mariental het Jerrie Kotze en Werner Ludwig elk `ʼn drie gedruk. Stephan Engelbrecht het een drie gedoel.

Die Raadsbeker-eindstryd vir tweede spanne het dramaties geëindig, HTS het met ʼn minuut speeltyd met 5 - 3 voorgeloop. `ʼn Strafdoel deur die kaptein en losskakel van Jan Möhr, Jaco Greeff, het sekondes voor die einde die telling 6 - 5 gemaak. ʼn Strafdoel in beseringstyd deur die senter Liandré van Dyk het vir HTS die wedstryd beklink. Die vleuel van die wenspan Rudi Strydom het die enigste drie van die wedstryd gedruk. Greeff was in die kol met twee strafskoppe.

HTS se onder 15-span het hul eindstryd teen Jan Möhr naelskraap met 14 - 10 gewen. Die wenspan se twee drieë is deur Marion Coetzee (senter) en Sean Furter (agtsteman) gedruk. Coetzee het ook met albei doelskoppe geslaag. Vir Jan Möhr het sy kantman en kaptein, Gys Joubert, `ʼn skitterende drie gedruk. Die heelagter, Johan Steyn, het met die doelskop en ’n strafskop ges1aag.

WHS se o.14-span het sy eweknie van Keetmanshoop oortuigend met 34 - 10 geklop. Die rustydtelling was 15 - 5. Vir WHS het Jaco Levin (2), Thys Tromp, Morné Dorn-Schniring en John Welsh drieë gedruk. Tromp het ook met drie doelskoppe en ʼn strafskop geslaag. Vir P.K. de Villiers het Bulletjie Brits en Gustav de Jay elk ʼn drie gedruk. Dié twee spanne het verlede jaar in die o-13-eindstryd teen mekaar gelykop gespeel.