1997

WHS vaar beste in skole-eindstryde

METROPOLITAN Life se Raadsbeker-eindstryde het gister in Windhoek plaasgevind met twaalf rugbyspanne van Namibiese hoërskole wat in hul onderskeie ligas meegedIng het. Dit was die vyfde agtereenvolgende jaar dat Metropolitan die kompetisie borg. Windhoek Hoërskool het as die algehele oorwinnaar uit die ligas gestap. Alle spanne van WHS het gister hul eindstryde gewen. In die o.19A-kragmetIng tussen WHS I en Academia I het dit aanvanklik gelyk of Academia sou oorheers. WHS het egter met mening teruggeveg. Boer Norval (Iosskakel en kaptein) het nege van die veertien punte van WHS met strafdoele aangeteken, terwy1Kasper Taljaard 'n drie behaal het. Walter Rautcnbach het vir Academla met ʼn skepskop geslaag. Die uitslae van die eindstryde is: o.14: WHS 18, Walvisbaal 0. o.15: WHS 36, Walvisbaai 3. o.19C: WHS III 22, Rehoboth Hoër 115. o.19B: WHS 11 29, De Duine I 22. o.19A (Plaat): HTS I 20, Grootfontein I 5; o.19A (Raadsbeker): WHS I 14, Academia 13.