1998

HTS onttroon WHS

Die eerste rugbyspan van die Hoër Tegniese Skool het Saterdag in die Nasionale Rugbystadion vir Windhoek Hoërskool na drie jaar as Metropolitan se o.19-Superligakampioen onttroon. HTS het danksy twee drieë in die laaste tien minute met 20 - 6 gewen.