Hoofmeisie

Hoofmeisie: Ada Kahl
Onafhanklikheid van tegnologie behoort steeds ’n noodsaaklike vaardigheid te wees:

Tegnologiese vooruitgang is opwindend en by WAP is ons bevoorreg om toegang te hê tot wonderlike toestelle en programme – van ons elektroniese handboeke op tablette tot die wiskunde- en wetenskaponderwysers se nuwe “smartboards”. Tegnologie behoort egter steeds nie ons gesonde, logiese denke te vervang nie en as skoolleerders moet ons beslis ook weet waar om die grense te stel. Ja, tegnologie kan onderwys geweldig vergemaklik, maar wanneer dit vir die verkeerde doeleindes gebruik word, kan dit uiters nadelig tot ons opvoeding wees.