Hanteerders skitter by Windhoek Skou

Jacques du Toit
Hanteerders speel ’n onontbeerlike rol tydens skoue en die Windhoek Skou was geen uitsondering nie.

Hulle is verantwoordelik om te verseker dat die diere veilig en ordelik in die skouring beweeg – ’n sleutelvereiste vir die sukses van die skou.

Veral in die slagos-afdeling, waar sommige diere maklik onbeheersd kan raak, is dit noodsaaklik dat hanteerders hul werk deeglik ken en die nodige kundigheid toepas om die diere kalm te hou. Hier is ’n paar foto’s wat tydens die pas afgelope skou geneem is.