Uitvoer van vleisprodukte vir persoonlike gebruik na SA, Botswana
Die jagseisoen breek binnekort aan met talle toeriste van buurlande Suid-Afrika en Botswana wat Namibië gaan besoek om biltong en ander vleisprodukte oor die grens te vat.Die direktoraat van veeartsenydienste het Veterinêre Kennisgewing Nr. 7 van 2024 uitgereik om die
publiek, boere, jagters en uitvoerders in te lig oor die regulasies rakende die uitvoer van
vleisprodukte vir persoonlike gebruik vanaf Namibië na Suid-Afrika en Botswana.
Volgens die riglyne moet alle rou vleisprodukte wat vir persoonlike gebruik bedoel is, afkomstig
wees van Namibië se bek- en klouseervrye sone soos erken deur die Wêreldorganisasie vir
Dieregesondheid (WOAH).
Persone ouer as 18 jaar mag tot 25 kg vleis – uitgesluit varkvleis en vleis van wildevarke – en tot 10 kg biltong per persoon uitvoer sonder dat ? Suid-Afrikaanse veterinêre invoerpermit of ? Namibiese veterinêre gesondheidsertifikaat benodig word.
Rou varkvleis, vleis van wildevarke, sowel as rou vleis en biltong van perde of donkies, mag egter onder geen omstandighede vir persoonlike gebruik uitgevoer word nie.
Vir hoeveelhede wat hierdie limiete oorskry, moet uitvoerders aan permitvereistes voldoen. Uitvoere
van meer as 25 kg en tot 250 kg rou vleis, of meer as 10 kg en tot 100 kg biltong, vereis beide ? Suid-Afrikaanse veterinêre invoerpermit en ? Namibiese veterinêre gesondheidsertifikaat.
Enige vrag wat hierdie hoeveelhede oorskry, word nie meer as persoonlike gebruik beskou nie en moet voldoen aan die prosedures wat op kommersiële uitvoer van toepassing is, insluitend die verkryging van ? kommersiële veterinêre invoerpermit en nakoming van die betrokke voorwaardes.
Vir verwerkte vleisprodukte soos ingemaakte vleis, gaar produkte, polonie en sult, mag tot 25
kg per persoon uitgevoer word sonder permitte, mits die produkte afkomstig is van die bek- en klouseervrye sone. Indien hierdie hoeveelheid oorskry word, is beide ? Suid-Afrikaanse veterinêre
invoerpermit en ? Namibiese veterinêre gesondheidsertifikaat nodig.
Alle vleissertifisering mag slegs deur ? staatsveearts gedoen mag word. Sertifisering kan nie deur grensbeamptes gedoen word nie.
Vir enige navrae, kontak die plaaslike distrikveearts of die direktoraat se invoer- en uitvoerkantoor te by 061 208 7892. - Namibië Landbou-unie
Comments
My Zone
No comments have been left on this article