Editorial

-
-
Rozanne Swart

Artikel 1

Erika von Mollendorf

Onderwysers en leerders speel sokker saam

Tydens ’n pouse by ons plattelandse skool het die onderwysers teen die leerders sokker gespeel. Die vriendskaplike wedstryd het vir groot pret en opgewondenheid gesorg.


Artikel 2

Erika von Mollendorf

Jaarlikse pretdag

Voor die huissport het oud en jonk die jaarlikse pretdag by ons dorp se swembad geniet. Daar is geswem, gelag en gespeel.


Artikel 3

Erika von Mollendorf

Laerskool Valentyns-markdag

Die laerskool het vanjaar Valentynsdag lekkerder gemaak deur dit met ’n entrepreneursdag te kombineer. Daar was alles van lekkernye en heerlike kos tot ’n verskeidenheid speletjies waaraan deelgeneem kon word.


Artikel 4

Elene Barkhuizen

NAPSO-spanne 2026

Tsumeb Gimnasium is baie trots op ons 12 leerders wat die NAPSO-span gehaal het. Twee leerders is in die atletiekspan, drie in die o/19-rugbyspan, vier in die o/19-netbalspan, en een uitsonderlike leerder in die o/19-hokkiespan opgeneem. Boonop is twee leerders vir die Jukskei High Performance Team gekies.