Editorial / Vox pop

x
x
Naomi Le Roux

Wetenskap-ekspo – Naomi le Roux

Moria se jaarlikse Wetenskap-ekspo is op 9 April gehou. Die graad 6-leerders was verplig om daaraan deel te neem. Die vyftien projekte was elkeen van topgehalte en baie interessant – van vuurspuwende vulkane tot kristalle en kieme op onderwysers se skootrekenaars. Die beoordelaars, juf. Alfie Louw en me. Danita Liebenberg, was beïndruk met die projekte en het die leerders se aanbiedings baie geniet.


NAPSO-spanne 2026 – Karola Gonsalves

Moria is ongelooflik trots op die 24 leerlinge wat in die onderskeie NAPSO-spanne opgeneem is.

Daar is twee o.13-netbalmeisies, ses jukskeiseuns, asook een o.13- en twee o.19-hokkiespelers in die onderskeie spanne. Die rugbyspelers het ook uitgeblink met twee o.13- en vyf o.19-spelers.

Boonop tref ses boogskutters die kol. Julle is tops!


Netbal – Almerene Burger

Groot opgewondenheid vir ons o.7-netbalspan! Geskiedenis is op Moria se netbalbane gemaak. Vir die eerste keer in vier jaar verwelkom ons weer ’n o.7-mini-netbalspan. Hierdie pragtige groep meisies, tussen vier en sewe jaar oud, bring nuwe lewe en hope energie na die sportveld. Met groot opgewondenheid en nog groter drome is hulle gereed vir elke wedstryd.


Bere 2026 – Naomi le Roux

Almal se oë is op die Superliga-wenners van 2025! Met nuwe afrigters en sewe spelers wat verlede seisoen klaargemaak het, wonder almal hoe die Bere in 2026 gaan vaar. Kaptein Du Rand Louw is positief oor sy span. Die Bere het reeds tydens die NAPSO Privaatskoleweek gewys dat hulle steeds nie onderskat moet word nie.