Elnatan by Privaatskole Sportweek

-
-
Elnatan

Foto 1:


Ongeveer 200 leerders verteenwoordig Elnatan vanjaar by die Securitas NAPSO Privaatskole Sportweek. Spanne in rugby, netbal, hokkie, boogskiet en skaak neem deel. Die skool se doelwit is om goeie sportmanskap te toon en respek op en van die veld af te bevorder.


Caption 2

“Ons voorbereiding vir Privaatskole is anders, want ons wil nie net wen nie, maar dit ook geniet saam met ander NAPSO-skole. Ons grootste uitdaging is die opposisie se onvoorspelbaarheid. As kaptein maak ek seker dat ons doel dieselfde bly en dat ons kalm en gefokus is onder druk. Dit is vir my ’n groot voorreg om deel daarvan te wees en saam as span te speel,” sê Deetlef Smith (1ste rugbyspan-kaptein).