Laliq maak haar merk in Swede
Laliq Adams (15), ’n graad 8-leerder aan WAP, het Namibië met trots verteenwoordig toe sy onlangs aan ’n internasionale atletiekbyeenkoms in Swede deelgeneem het. Sy het ’n uitstekende prestasie gelewer deur die eerste plek in gewigstoot, spiesgooi en diskusgooi te behaal en sodoende drie goue medaljes te verower.
Haar reis na Swede het begin nadat sy uitstekende uitslae by die nasionale atletiekkampioenskappe behaal het en vir die toerspan gekies is.
Laliq vertel dat dit vir haar ’n groot eer was om haar land te verteenwoordig en die Namibiese kleure met trots te dra. Volgens haar was een van die hoogtepunte van die toer die geleentheid om nuwe mense te ontmoet en vriende uit verskillende lande te maak.
Hoewel dit harde werk en toewyding verg om op so ’n hoë vlak mee te ding, glo Laliq dat deursettingsvermoë die sleutel tot sukses is. Haar raad aan ander jong atlete is: “Talent might open the door for you, but perseverance is what carries you through it.”
Laliq se prestasie is ’n inspirasie vir haar skool en die gemeenskap. Dit bewys dat harde werk, toewyding en volharding groot drome kan laat waar word.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article