Leerlinge gesels oor Napso se 2026 Securitas Privaatskole-sportweek

Vox pop
Rozanne Swart

Junelle Coleman – Keetmanshoop Privaatskool

Ek dink ons het baie goed gespeel en baie vanaf ons laaste games gevorder. Daar is ’n paar foutjies waaraan ons kan werk, maar oor die algemeen dink ek ons het goed gedoen en dat ons by ons volgende games net so moet aanhou. 


Du Rand Louw – Privaatskool Moria

Die privaatskole-naweek dink ek is ’n baie goeie naweek vir ons, al die outjies kry ’n kans om te speel – die juniors en seniors. Daar is ’n klomp nuwe outjies wat nou deur die stelsel kom wat nou hulle eerste kans by die Bere kry en dis ’n baie goeie geleentheid vir hulle om te vorder.


Giselle Blaauw – Privaatskool Elnatan

Ek is baie trots op my span. Ek dink ons het baie goed gevaar en ons het baie verbeter van die vorige games af tot nou toe. Ek sien uit na die pad wat voorlê en wat ons saam gaan stap. Ek dink ons het baie potensiaal. 


Carmien Coetzee – Keetmanshoop Privaatskool

Dit is baie, baie lekker hierso. Dis regtig anders as al die ander Napso-weke wat ek al by was; dis regtig spesiaal gemaak. Dis ’n geleentheid om vriende te maak en die sport hier is ook baie beter.


Wilhelm Pieterse – Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Die week was baie lekker en dis heerlik hier in Swakop. Die weer is baie koud, maar dis ’n lekker verandering. Die hokkie was sover baie goed, ons het effe op die agtervoet begin, maar ons het vinnig opgevang. Die geleentheid is lekker om “game”-tyd in te kry.