Napso blink uit by Rhino Week-toernooi

-
-
Rozanne Swart

Die agt Napso-wintersportspanne het onlangs aan die Rhino Week-toernooi in Vanderbijlpark, Suid-Afrika, deelgeneem.

Die spanne, wat vroeër vanjaar tydens die Blits 7's-toernooi gekies is, het Napso se naam behoorlik laat skitter. Die toergroep het bestaan uit o.13- en o.19-rugby-, netbal-, seunshokkie- en meisieshokkiespanne.

Van die agt spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, het vyf met goue medaljes huis toe gekeer. Die o.13- en o.19-netbalspanne, die o.19-rugbyspan, die o.19-seunshokkiespan en die o.19-meisieshokkiespan het almal goud verower.

Die o.13-rugbyspan het ook 'n uitstekende toernooi beleef en al sy wedstryde gewen om onoorwonne af te sluit.

Uitslae

O.19-rugby

Napso 55–19 Wes-Rand

Napso 40–0 Noord-Vrystaat Badgers

Eindstryd

Napso 28–7 NSSR

O.19-seunshokkie

Napso 3–0 Hurricanes

Napso 0–2 Kirkenators

Napso 10–0 Ekurhuleni

Napso 2–0 Avengers

Napso 2–1 Kirkenators

Eindstryd

Napso 2–0 Hurricanes

O.19-netbal

Napso 18–28 Wild Cats

Napso 58–8 FS Badgers

Napso 36–8 Stormbreakers

Napso 41–14 Falcons

Napso 14–33 Naartjies

Napso 44–11 Falcons

Napso 34–15 Falcons

Eindstryd

Napso 38–23 Naartjies

O.19-meisieshokkie

Napso 6–0 Mustangs

Napso 8–1 Avengers

Napso 1–1 Siberian Tigers

Napso 2–0 Bengal Tigers

Napso 2–1 Hurricanes

Napso 9–0 Ekurhuleni

Napso 3–1 Hurricanes

Eindstryd

Napso 1–1 Siberian Tigers

Uitskietwedstryd

Napso 2–1 Siberian Tigers

O.13-rugby

Napso 61–5 Raptors

Napso 57–5 Ratels

Napso 59–5 Tigers

O.13-seunshokkie

Napso 1–1 Hurricanes

Napso 1–1 DF Malherbe

Napso 4–0 Emfuleni

Napso 3–0 Avengers

O.13-netbal

Napso 17–10 Ratels

Napso 9–9 Tigers

Napso 17–11 Pink Pony Club

Napso 19–10 Flames

Napso 16–18 Rooi Duiwels

Napso 28–6 Flames

Eindstryd

Napso 16–11 Tigers

O.13-meisieshokkie

Napso 0–4 Dr Malan

Napso 1–4 Hurricanes

Napso 0–0 DF Malherbe