Napso-skole wys hul staal

Vier dae, agt sportsoorte en vele pret
Rozanne Swart

Verlede week het Napso se 2026 Securitas Privaatskole-sportweek plaasgevind.

Napso-skole van oraloor die land het by Pro-Ed Akademie se Alpha Park bymekaargekom vir vier dae van vriendskaplike wedstryde in skaak, jukskei, tennis, boogskiet, rugby, netbal, hokkie en vanjaar het hulle ook vir die eerste keer virtuele fietsry aangebied.


Opskrif vir virtuele fietsry

Virtuele fietsry is vanjaar vir die eerste keer by Napso se 2026 Securitas Privaatskole-sportweek aangebied. Dit bestaan ​​uit oefenfietse wat aan monitors gekoppel is wat die spoed en afstand van die ryer kan bepaal.


Opskrif vir hokkie

Hokkie was een van die sportsoorte wat by die geleentheid aangebied is, met kinders van 7 tot 19 jaar oud wat die geleentheid gekry het om mee te ding.


Opskrif vir rugby

Rugbywedstryde was ’n groot trekpleister by die sportweek. Vir die tjokker-rugby is daar altesaam 162 wedstryde gespeel en vir die ouer ouderdomme 83 wedstryde. Dit was 'n mengsel van 10-man- en 15-man-spanne vir die o.11 tot -o.19-wedstryde.


Opskrif vir tennis

Die tenniswedstryde is by Swakopmund se munisipale tennisbane aangebied. Dit was van die kleiner sportsoorte wat aangebied is, maar elke speler het die kans gekry om sy of haar vaardighede met die raket ten toon te stel.


Opskrif vir boogskiet

Die boogskietkompetisie het op Woensdag 29 April plaasgevind. Elke boogskieter het die kans gehad om hul vaardighede ten toon te stel in skietsessies wat elk ’n uur lank geduur en uit verskillende uitdagings bestaan ​​het. Foto Jaydene Ambrosini


Opskrif vir jukskei

Jukskei het deelnemers van alle ouderdomme gelok. Die organiseerders het dit doelbewus op die Woensdag gehou sodat kinders nie tussen sportsoorte hoef te kies nie, maar die kans sou hê om jukskei sowel as die res van die geleentheid se sportsoorte te geniet.


Opskrif vir netbal

Oor ’n tydperk van drie dae is 502 netbalwedstryde – van o.7 tot o.19 – op 11 verskillende bane gespeel.