Elnatan hou glansryke matriekafskeid

Mart-Mari Mostert Privaatskool Elnatan se matriekafskeid kan in drie woorde opgesom word: Glansryk, stylvol en elegant. Na groot afwagtig het die dag uiteindelik aangebreek waarna al die matrieks uitsien - hulle matriekafskeid. En hulle het dit behoorlik
Privaatskool Elnatan se matriekafskeid kan in drie woorde opgesom word: Glansryk, stylvol en elegant.

Na groot afwagtig het die dag uiteindelik aangebreek waarna al die matrieks uitsien - hulle matriekafskeid. En hulle het dit behoorlik gevier!

Privaatskool Elnatan het nie terug gehou met die kreatiwiteit en elegansie by vanjaar se “Franse Wynlande”-tema nie, en die matrieks het die toeskouers beïndruk met hulle stylvolle aanddrag.

Na die graad 11-klas se harde werk met die beplanning en uitvoering van die aand, het dit alles mooi saamgekom om ‘n suksesvolle matriekafskeid te wees en het hulle die aand net so veel soos die matrieks geniet.

Volgens die graad 11-leerders sou die matriekafskeid nie moontlik gewees het sonder die hulp van die gemeenskap nie en hulle harde werk en deursettingsvermoë was duidelik van begin tot einde.

Die sterre van die aand het geskitter in hulle deftige drag en spogmotors, en saam met ouers en onderwysers kon hulle vir oulaas saam om ‘n tafel sit en behoorlik afskeid neem van hulle 12 jaar saam.

Dit was ‘n ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie. Vanjaar se matriekafskeid was een vir die boeke!