Goeie stap vir Pro-Ed

Estelle van der Merwe
Dit is met groot afwagting en opgewondenheid dat Pro-Ed een van die dae sy eie blou Astro gaan hê. Die afrigters en spelers is opgewonde en kan nie wag totdat hulle sandstokkies op die blou Astro kan ruil nie. "Ek dink dit is 'n goeie stap vir Pro-Ed en beslis net die begin. Dit is 'n goeie stap in die regte rigting," het Marchelle Fouche gesê.