Hoofmeisie

Dit is ‘okay’. Ek het myself altyd opgemaak oor slegte punte, maar ek het onlangs besef dit is nie so erg nie. Dit is wel ’n platform om te verbeter. Jy het dalk nie genoeg teorie geleer nie, maar jy leer ander belangrike lesse ook. Jy leer om deur te druk, om harder te werk en om aan te beweeg. Daar is nog ’n eksamen en dit sal ‘okay’ wees.