Wat sê die graad 12’s?

Liske SmithToe ek my naels en hare laat doen, toe besef ek die jaar is op sy einde. Dit het my hartseer laat voel omdat ons nou uitmekaar gaan, maar ook opgewonde omdat ons nou met ‘n nuwe lewenshoofstuk begin. Hierdie jaar het my geleer om te wag vir iets, soos dat ons 12 jaar gewag het vir hierdie oomblik; ons het 12 jaar gewag vir 40 days; en ons het 12 jaar gewag vir ons uitstapdag. Daar is ‘n tyd en plek vir alles. Armand van WykOns het met ‘n Hummer aangekom. Die derde een in die reeks. Ons het dit gekies omdat dit vir ons beskikbaar was. Ek was mal daaroor om daarmee in te ry en dit was ‘n baie goeie ervaring. Ons het baie moeite gedoen. Almal moes netjies aantrek en jou hare laat doen. Alles het mooi afgeloop. Hoe voel jy oor jou skooljaar wat tot ‘n einde gekom het? Stephanie SteynEk het gedink dit sou iets te doen hê met groen, maar nie met wyn nie. Andersins het ek het glad nie verwagtinge gehad nie. Maar toe ek inkom, het dit my asem weg geslaan. Ek was baie opgewonde want ek het jare lank na hierdie dag uitgesien. Alles wat ons beleef het, was vreeslik lekker.

Wat het jy gedink die tema sou wees? Met watter kar het julle aangekom?