Affies trap fiets

Mariselle Stofberg
Rebecca Faul

WAP-leerlinge, Ada Kahl, Tamein Tromp, Daniël Hennes, Francois du Plessis en Jo-Dave Cioccolanti, het deelgeneem aan Holland MTB se bergfiets kompetisie.

WAP se leerlinge hou hulleself besig tydens die af seisoen met die fietsry kompetisie wat plaasgevind by Ugab Terrace Lodge. Al die ritte is lang afstande en in die geval van die uithourit wen die persoon wie eerste oor die wenstreep kom. Dit vat lang ure se oefening en baie deursettingsvermoë om die besonderse prestasie te behaal.

Jo-Dave, graad 12, het 'n algehele derde plek behaal in die uithourit. Tamerin Tromp, o.8-leerling van WAP, was die jongste kind wat die 21 km aangepak het. Ada Kahl het ook deelgeneem. Sy het 'n algehele 1ste plek behaal vir die seisoen vir o.14-meisies. Francios du Plessis behaal 'n derde plek vir o.16-seuns. Daniël Hennes was 4de vir o.10-seuns.

Ada Kahl sê sy ry al fiets so lank as wat sy kan onthou, sy het eers agter op haar pa se fiets gery saam met hom en toe later haar eie fiets gekry. “Aanvanklik was dit bloot vir die lekker daarvan, maar toe ons Namibië toe ry het ek begin oefen en aan kompetisies deelneem.” Ada het eers bergfiets en later padfiets begin ry, haar groot liefde lê egter in bergfiets ry. Sy meen die bergfiets gemeensskap is soos een groot familie wat in drie verskillende tale met mekaar praat. Ada was al op twee toere Suid-Afrika toe, het al aan vier nasionale byeenkomste deelgeneem en sodoende ? hegte band gekweek met baie van die Namibiese fietsryers.

Fietsry is die ideale sportsoort as jy verkies om nie afhanklik van ander te wees nie, maar Ada meen ook dat alhoewel dit ? individuele sport is, mens ook ? span vorm en dat die ondersteuners net so belangrik soos die ryer is. “Namibië is ook die ideale plek vir hierdie sportsoort met al die paadjies en roetes wat aan die publiek beskikbaar gestel is en ons hoogte bo seespieël gee ons ook ? duidelike voordeel teenoor mense in ander lande, saam met die feit dat ons hitte gewoond is soos min ander. Fietsry kan nog baie ontwikkel in die land, maar die gemeensskap en die ondersteunersnetwerk is definitief in plek.