Akademise boffin geheime

Marnus van Zyl
WHS het baie goeie sportsmanne en -vroue en as dit by akademise boffins kom, is ons glad nie agter nie. Die kompetisie tussen dié klomp is ook baie keer taai; waar die een die ander tot so min as 0.1% wen en soms ook gelyk-op eindig. Ek het vir ‘n paar van dié boffins, wat in die tweede termyn eerste in hulle graad gekom het, gaan vra wat hulle geheim is en hoe hulle te werk gaan gedurende die termyn.

Die top leerling in elke graad in die tweede termyn is as volg:

In graad twaalf is dit Maryke van der Merwe, met ‘n gemiddeld van 86.3%. Sy skryf haar prestasie toe aan genade en harde werk. Sy deel mee dat ons elkeen verantwoordelik is vir ons eie toekoms . Jy moet nie net presteer om ander tevrede te stel nie, maar dit ook vir jouself doen. Sy sê dat harde werk altyd die moeite werd is. Maryke sê ook dat almal tot alles in staat is, omdat God ons krag gee.

In graad elf is dit Frans Shikulo met ‘n gemiddeld van 81.5%. Sy geheim is visualisering. Hy visualiseer homself ‘n paar jaar in die toekoms en dan vra hy homself: “Hoe gaan ek daar uitkom?” Dan stel hy sy doelwitte daarvolgens. Hy motifeer homself baie en erken dat hy nooit so goed sal presteer as dit nie is dat die Here hom help nie.

In graad tien is dit Ukarapo Kasaona met ‘n gemiddeld van 90.1%. Ukarapo sê, haar gehein is beplanning en toewyding. Jy moet deeglike beplanning doen om daar uit te kom. Sy deel mee dat jy van die begin van die jaar af hard moet werk en nie net in die derde termyn nie, want dan is die werk baie en die druk hoog. Jy moet aandag gee tydens klas en seker wees jy verstaan. Sy sê ook dat dit soms egter nodig is om jou foon af te skakel en van jou naweke gebruik maak om te leer.
Dit is WHS se top akademise boffins se geheime. Dit bewys dat daar nie ‘n tower-drankie nodig is om hoë punte te kry nie, net harde werk, toewyding en genade van God.