Alpha word deel van Pro-Ed

Wiaan Louw
By die opening van NAPSO-Wintersport 2017 het daar ‘n groot oomblik in Pro-Ed se geskiedenis aangebreek; Alpha, Die Wolf, is bekendgestel en hy het amptelik die skool se geesleier geword.
Joshua Scherer, ons huidige geesleier, het die eer ontvang om Pro-Ed se eerste “Leader of the pack “ te word. Alpha se plig is om elke deelnemer geesdriftig te maak sodat hy sy beste sal lewer. Min het ons geweet Alpha se woorde hieronder sou die hele naweek oorelke Pro-Ed deelnemer waak:
“Pro-Ed is ’n familie, ons is ’n pak, net soos wolwe.”
Alpha is genooi om die saalopening direk na die NAPSO-Wintersport by te woon.Hy is amptelik aan die skool voorgestel en is geesdriftig deur een en almal ontvang en aanvaar.
Die belofte is daardie oggend gemaak dat hy vir baie jare deel van Pro-Ed gaan bly-‘n belofte wat elke leerder met trots en waardigheid sy beste sal laat lewer.
Alpha, ons is jou Pak!