Ariamsvlei se slimkoppe bekroon

Leerlinge van die Primêre Skool Ariamsvlei is Donderdag tydens die prysuitdelingseremonie vir hul akademiese prestasies in 2018 bekroon.
Tunohole Mungoba
Die geleentheid is onder meer ook bygewoon deur afgetrede onderwysers, die skoolraad en kringinspekteur Jasmine Magerman.

In haar toespraak het Magerman die pryswenners geloof en aangemoedig om selfs nog beter te doen.

Vir die eerste keer in die skool se bestaan is ‘n merietetoekennings-bord geskep waarop alle dux-leerlinge se name geplaas word. Magerman het die onthulling daarvan gedoen.

Die toppresteerders in graad 4 tot 7 se pryse het bestaan uit trofeë, sertifikate en skryfbehoeftes.

Die skoolhoof, me. Eugenie Forbes, het die borge vir hul bydraes bedank.

“Dankie ook aan Desert Fruit Company wat altyd die skool ondersteun in die strewe na ons visie en missie.

Forbes het ‘n beroep op skenkers gedoen om deurlopend die skool te ondersteun, aangesien dit die vooruitgang van die leerlinge bevorder.