Droogte

Michelline Nawatises
Leone Coetzee

Water is skaars

En die grond begin bars

Diere is maer en lê in die openbaar

Plante is verlep en mense ween

Wag vir ’n seën en tog sal dit reën

Waar is die reën wat ons land seën

Droogte vat oor soos ’n singende koor

Krane wat loop dit gee ons geen hoop

Met water te mors dan bly ons net dors

’n Oplossing soek ons nog rond maar dalk kry ons een diep onder die grond

Ná dae van ween het God ons geseën dit het uiteindelik kom reën.