Edugate Academy prys toppresteerders
Jomé Vermaak, gr. 11, Edugate Academy, OtjiwarongoNog ‘n jaar is amper op sy rug. Edugate het op 11 September hul jaarlikse kultuur- en sportprysuitdeling gehad, asook 2017 se akademiese prysuitdeling vir die gr.10- en gr.12-leerlinge. Die leerlinge, ouers, beheerraad en personeel het ‘n aand gehad wat hulle nie sal vergeet nie. Veral vir die gr.12’s was dit ‘n mylpaal as leerlinge van Edugate Academy.
So sluit hulle hul kindwees af en moet hulle seker maak dat hulle van 2018 af deel word van die wêreld daar buite in Namibië, en dat hulle van dag een af ‘n verskil in ons mooi land maak.
Edugate wens hulle seën vir die toekoms toe.
Dankie aan 2017 se junior en senior CRS vir alles wat hulle vanjaar vir die skool gedoen het. As leerling van Edugate hoop ek 2017 was nog een van dié wat julle nooit sal vergeet nie.
Nuwe junior en senior CRS is by die prysuitdeling aangekondig. Geluk aan almal wat tot 2018 se leerlingraad verkies is. Sterkte met alles wat vir julle voorlê. Ons weet julle sal alles tot die beste van jul vermoëns doen.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article