Hoërskool Akademiese Prysuitdeling

Chanelle Riekert
Pro-Ed Akademie het die jaar 2017 op ‘n goeie noot begin deur die hoërskoolleërlinge te beloon vir hul harde werk en insette wat hul gedurende 2016 gehandhaaf het wat akademie aanbetref. Baie geluk aan die volgende leerlinge wat ereklere verwerf het: Kyla Horn, Aurielle Louw, Zeekurua Kangueehi, Charlene Grobler, Juanita Schrader, Ane van der Merwe, Lara Bartholomae, Jurgen Linde, Michael Zapke, Nicole Taylor, Clarissa Booysen, Marguerite Wieland, Mariet Bruwer, Yoshua Becker, Retief Theron, Karl Zapke en Jesse Kotze.
Spesiale gelukwensing aan die volgende leerlinge wat die beste presteerder per graad was.
Gr.8 Juanita Schrader Gr.9 Charlene Grobler Gr.10 Lara Bartholomae Gr.11 Michael Zapke

Pro-Ed Akademie het nie net op n hoë noot begin nie, maar ook op n goeie een geëindig met n 100% slaagsyfer van ons 2016 matriekleerlinge. Die matriek groep het ook 21 A’s, 41 B’s en 47 C’s behaal waarop ons baie trots is.
Baie geluk aan 2016 se hoofmeisie, Esranel Becker, wat ‘n gemiddeld van 84,1% (6 onderskeidings) behaal het.

Geluk ook aan Anri Els, Karene Landman, Gabby Roets van Schalkwyk en Stefanie von Mollendorf wat n gemiddeld tussen 70% en 78% behaal het.