“It's a netball thing!”
Elsjè van der Merwe en Elmien Janse van RensburgWalvisbaai Privaat Hoërskool het in Maart hierdie jaar ? netbaltoer onderneem. Hulle het Pretoria toe getoer en van 18 tot 23 Maart aan die Klofie-netbalfees deelgeneem. Daar was 42 skole waarvan meer as 123 netbalspanne ingeskryf het, met ? totaal van 1230 netbalspelers.
Op die 18de Maart het 20 van Walvisbaai Privaat Hoërskool se netbal-“freaks” en drie netbalafrigters in hulle spoggerige nuwe wit netbalbaadjies, geborduur met die woorde ”It's a netball thing”, met ? bussie tot in Windhoek gery. Vandaar het hulle tot in Johannesburg gevlieg en met ? bussie van Hoërskool Waterkloof tot in Pretoria gery, waar hulle al te lekker by Altelekker Jeugkamp gebly het. Waterkloof Hoërskool se bussie het elke oggend en aand die netbalmeisies en -afrigters vervoer tussen die netbalbane en die blyplek.
In Anja Coetzee se woorde: “Die netbaltoernooi was ? nuwe en ? baie goeie ondervinding!” In totaal het Walvisbaai Privaat Hoërskool 25 wedstryde gespeel. Na elke wedstryd was daar ysbaddens om in af te koel. Die Klofie-netbalfees het uitstekende mediadekking gehad, wat dit moontlik gemaak het dat selfs die Walvisbaaiers sommige wedstryde “livestream” kon kyk (op livestream.com/accounts/17162445/.../116698467). Na elke wedstryd wat uitgesaai was, is daar ? onderhoud met die spanne se kapteine gevoer. Daar was ook ? facebook bladsy waarop gereeld honderde aksiefoto's van die wedstryde opgelaai is.
Hoewel die toernooi dit nie ten doel het om ? wenner aan te kondig nie, het dit in die wyer doel geslaag, want dit was ? uitsonderlike geleentheid om voor te berei vir die res van die netbalseisoen. Die sterk spanne waarteen Walvisbaai Privaat Hoërskool moes kompeteer, het vir baie goeie oefening gesorg. Die toer het ook goeie spanbou en samewerking tot gevolg gehad.
Walvisbaai Privaat Hoërskool is baie dankbaar teenoor al die borge wat hierdie toer moontlik gemaak het, want sonder hulle sou hierdie belewenis nooit kon realiseer nie. Die netbalmeisies waardeer ook die afrigters, onderwysers en ouers vir al hul reëlings en uitstekende beplanning. Een ding was tydens die toer baie duidelik: “It's definitely a WBPHS netball thing!”
Comments
My Zone
No comments have been left on this article