Mnr en Mej WAP 2017

Elizmi Fourie
Al die deelnemers het pragtig en baie deftig gelyk in hulle aanddrag maar op laas moes daar wenners gekies word en hierdie jaar is die krone oorhandige aan Jorina Smith en Christiaan Cillie ons Mnr. en Mej. WAP van 2017. Maar hulle was nie die enigste wenners van hierdie glansaand nie, Dianca Jordaan is as eerste prinses gekies, Jorina Smith as Mej. Persoonlikheid en hierdie prys word ook deur die deelnemers self gekies, Karene De Waal is aangewys as die tweede prinses en Zanareez Pinaar is Mej. Fotogenies. Die manne het ook die aand gepronk en Mnr. Fotogenies is Danie van der Merwe, hy het ook met die Mnr. Macho titel weggestap en Mnr. Persoonlikheid is Jürgen-Leigh Human.

Die aand sou nie moontlik gewees het sonder die klere wat deur Cotton On Namibia aan die deelnemers geleen is vir die aand nie en dis ook die eerste keer dat Cotton On die klere borg.
Ons nuwe Mnr. en Mej. WAP het nog baie take en projekte wat hierdie jaar voorlê. Windhoek Afrikaanse Privaatskool is ook opgewonde om te kan spog met Jorina wat die afgelope naweek, 9 September 2017, ons skool se naam hoog gehou het by die #festival en met die titel van Mej. Hoërskole huis toe gekom het.